Grigori Raspoetin

Grigori Raspoetin
Gebore
Grigori Jefimowitsj Raspoetin
(Григорий Ефимович Распутин)

10 Januarie 1869
Sterf30 Desember 1916
NasionaliteitRussies
EggenootPraskowija Fjodorowna Doebrowina
KindersDmitri (1897), Maria (1898), Warwara (1900)

Grigori Jefimowitsj Raspoetin (of Grigori Jefimowitsj Nowi) (Russies: Григо́рий Ефи́мович Распу́тин / Григо́рий Ефи́мович Но́вый) (Prokofskoje, 10 Januarie 1869 – Sint Petersburg, 30 Desember 1916) was ’n Russiese lekeprediker uit die distrik Tjoemen in Siberië. Hy word ook soms die "Mal Monnik" genoem, maar die naam is misleidend omdat hy nie ’n monnik was nie. Hy het ’n belangrike rol gespeel aan die hof van die laaste tsaar van Rusland, Nikolaas II, en het daardeur ’n indirekte invloed gehad op die uiteindelike val van die tsaar en Keiserlike Rusland.

Vandag word Raspoetin beskou as enigiets van ’n geloofsgeneser, siener en profeet tot ’n losbandige godsdienstige kwaksalwer en konkelaar. Hy was waarskynlik ietsie van alles, maar dis moeilik om sy ware persoonlikheid vas te pen omdat staaltjies oor sy lewe dikwels geskoei is op twyfelagtige herinneringe, hoorsê en legendes.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search